Polisie sê dis onvanpas om te bespiegel dat Amy Winehouse aan ‘n oordosis dwelms gesterf het, het Nuus24 Sondag berig.

Die polisie se kritiek kom ná nuusbronne se berigte dat die Britse sangeres vermoedelik aan ‘n dwelmoordosis gesterf het.

Winehouse se lyk is Saterdag deur nooddiensbeamptes in haar huis in Camden, Londen, gevind.

‘n Woordvoerder van die metropolisie het haar dood bevestig en gesê ‘n nadoodse ondersoek moet nog gedoen word.

Die sangeres was berug vir haar stryd teen dwelms en alkohol.