Rufus die valk sorg dat ander voëls nie die spel onderbreek nie.

Rufus die Harrisvalkie is die amptelik “voëlverskrikker” tydens die toernooi waar ’n klomp duiwe op die bane konsternasie onder die spelers kan veroorsaak. Soos met reën, moes spel ook al weens voëls onderbreek word.

Dis nou tot Avian Environmental Consultants Ltd, gebaseer in Northamptonshire, sedert 17 jaar gelede valke beskikbaarstel.

Rufus werk al van 2007 af by Wimbledon en is nou al ’n bekende in tenniskringe. Hy weet hoe om vir die kameras te poseer en het oor die 9 000 volgers op sy Twitter-blad.

Imogan Davis (30) is sedert 2012 sy hanteerder en ook sy sosialemediabestuurder. “Duiwe ken nie die verskil tussen grassade eet wanneer daar gespeel word op die bane of nie en kan groot onderbrekings veroorsaak,” vertel sy.

“Daar is ’n intensiewe opleidingsproses en dit word alles gemotiveer deur kos,” voeg sy by. Harrisvalkies is van die min voëls wat sosiaal vir die pret jag. Met hul groot kloue sal duiwe onnosel wees om nie op die vlug te slaan nie.

Imogan se werk is om Rufus se gewig te monitor. Sy optimale vlieggewig is op 625 g. “Op daardie gewig weet ek hy sal gretig wees om enige voëls weg te jaag, maar hom nie vergryp aan ’n duif om sy krop te vul nie,” verduidelik Imogen.

Rufus was 16 weke oud toe hulle hom koop. Hulle is meeste van die jaar hier by Wimbeldon sodat Rufus dit as sy tuiste beskou en elke hoek en gaatjie van die bane soos sy eie kloue leer ken.

Tydens die kampioenskap is hulle reeds vyf uur op en aan die gang en werk tot tienuur die oggend. Rufus vlieg nie die heeldag nie, maar hy is gedurig op loer na die duiwe se gunsteling-kuierplekke wat hy met die jare uitgesnuffel het.

Tegnologie kan gebruik word om die duiwe af te skrik, maar Rufus se instink en vermoë om vrees in te boesem by die duiwe van Suidwes-Londen sal moeilik vervang kan word deur enige katoeter.

In 2012 het Rufus die voorblaaie gehaal toe iemand hom steel. Twee weke later het die ontvoerder van plan verander en Rufus terugbesorg aan die Koninklike DBV in Londen. Tot vandag weet hulle nie wie hom gegaps het nie. Daarom hou Imogen ’n ekstra skerp oog oor hom.

Tydens die twee weke van Wimbledon stroom sowat 40 000 mense per dag deur die hekke, maar dit jaag nie die koel en kalm Rufus op hol nie. “Vir my is hierdie tyd van die jaar nogal dol,” vertel Imogen. ”Die res van die jaar is dit net ek en Rufus op die dak.”

Bronne: telegraph.co.uk, jamaicaobserver.com, washingtonpost.com, cnn.com, dailymail.co.uk.