A photo posted by WTA (@wta) on

Vrydag het Serena reeds die wêreld aan’t gons gehad met hierdie selfie:

Terselfdertyd het Angelique haar opgewondenheid oor vandag se wedstryd op haar Facebookblad gedeel.

Wie het vir wie ondersteun, en meer nog: wie was almal daar? Angelique het natuurlik vir Serena tydens die Australiese Ope geklop. Maar vandag is ’n nuwe dag. Een van haar grootste ondersteuners is die renjaer, Nico Rosberg, huidig in posisie nommer een op die F1-kampioenskap-ranglys.
Angelique sou graag soos haar landgenoot, Steffi Graf, hierdie titel hare wou maak.
Piers Morgan het weer vir Serena Williams ondersteun met hierdie komiese kommentaar.
Een van die belangrikste mense vandag by Wimbledon, was hierdie inspirerende elfjarige, Uma Baker-Bahl, wat die muntstuk moes gooi om die lootjie te bepaal.
Met die finaal vandag het verskeie bekendes en legendes hul sitplek langs die hoofbaan ingeneem. Kyk waar bevind Suid-Afrikas se legendariese Gary Player hom! In die koninklike losie saam met Billie Jean King, David Attenborough en Martina Navratilova.
Kletskoningin Ellen deGeneres asook Portia de Rossi, John Hurt, Jacques Rogge, Martina Hingis en Marion Bartoli bevind hulle daar.
Treffende oomblik vasgevang toe Engeland se Andy Murray sy opwagting maak.

A photo posted by Wimbledon (@wimbledon) on

Fantasie ontmoet werklikheid: Game of Thrones se Maisie Williams.
Kyk net wie bevind hulle in Serena se hoekie! Beyoncé en Jay-Z!

A photo posted by Wimbledon (@wimbledon) on

Oscar-wenner Natalie Portman het ook kom inloer.
Ousus Venus Williams het die tweestryd gespanne gevolg.
Nou wat sou die tennislegende Billie Jean King te sê gehad het wat hierdie glimlagte ontlok het?

A photo posted by Wimbledon (@wimbledon) on

Serena Williams maak toe aan die einde weer so! Wimbledon 2016 is besorg haar Grand Slam-titel nr. 22! Die eindtelling: 7-5, 6-3. Wie kan die kampioen vir hierdie oomblik kwalik neem? Met haar oorwinning ewenaar sy Steffi Graf se rekord.
Die wedstryd is deur talle op sosiale media as een van die beste in baie jare bestempel.
Die emosionele naaswenner, Angelique Kerber, loof Serena vir haar uitstekende spel en sê ook dankie aan haar eie ondersteuners.
Daardie gesogte trofee!
Gister (Dag 11), sowel as vandag, het die sterre in volle glorie by Wimbledon hul opwagting gemaak – van Bradley Cooper tot Heidi Klum.