Sy noem dit die vergeet- steuring, die bekruipsiekte wat jou verstand vol motgate vreet. “Dis nie maklik nie, maar ek baklei vir die vale daarteen."

Wilna vermoed sy het dit al minstens vyf jaar, maar sy het nooit by ’n dokter uitgekom nie. “Ek het net geweet. my ma en my tante het dit albei gehad, die twee mense wat die meeste insae in my vormingsjare gehad het. ek kan so goed onthou hoe my tante altyd gese^ het: ‘oh, Wilna, I get so forgetful.’

“Dit begin met klein goedjies. Jy sal in die slaapkamer staan en kombuis toe stap om iets te gaan haal. Wanneer jy in die kombuis kom, het jy nie ’n idee wat jy daar maak nie. Dan stap jy op jou spore terug, en wanneer jy in die slaapkamer kom, besef jy skielik: o ja, dit is wat ek wou gaan haal het.

Lees Marelize Potgieter se roerende onderhoud met Wilna in Huisgenoot 26 September 2013