Marcia, die skrywer van Kate: A Biography, glo William het reeds ’n “push present” in die oog en dink hy gaan dié geboortesteen kies.

Sy het verlede week aan die tydskrif Bella gesê: “Soos baie ander nuwe pa’s is ek seker William sal vir Kate ’n geskenk koop wanneer die baba kom, waarskynlik juwele en iets baie romanties.

“Nie baie mense sou dit opgemerk het nie, maar een van die ringe wat sy deesdae baie dra, het verskillende granaatstene en pêrels. Dis Kate en William se geboortestene – die graneetsteen is Kate s’n omdat sy in Januarie verjaar en die pêrel William s’n; hy verjaar in Junie. Ek reken net een persoon sou iemand so ’n geskenk gee – William. Hy sal waarskynlik vir Kate hul baba se geboortesteen gee (’n robyn).”

Marcia het ook vertel William is baie romanties. “Romanse is eintlik net bedagsaamheid en hy betrek Kate baie. Tydens ’n toer in Kanada het hulle geroei tot by ’n klein eiland en daar piekniek gehou. Dit was blykbaar sy idee.

“Ek dink ook hy het self die ametis-en-diamantoorbelle uitgesoek wat hy in 2011 vir haar as ’n Kersgeskenk gegee het.”

Die baba sal na verwagting op 13 Julie gebore word.