’N FOTO lieg nie, lui die spreekwoord – en as dit waar is, wag ’n skitterende toekoms op die toekomstige koning van Brittanje en die vrou met wie hy binnekort afhaak.

Op amptelike foto’s wat onlangs geneem is deur Mario Testino, ’n fotograaf van Peru wat ’n gunsteling van prinses Diana was, lyk prins William en Kate Middleton presies soos ’n mens van ’n verloofde paartjie sou verwag: baie verlief.

Op hul amptelike portret nestel die twee teen mekaar aan, glimlag stralend en lyk natuurlik en gemaklik met mekaar – in skrille kontras met die amptelike verlowingsfoto’s van Wills se ouer familielede.

En kyk jy so na die foto’s wat oor die jare van ander koninklike pare geneem is, wil ’n mens amper sê jy kon vooraf voorspel het hul huwelik gaan nie hou nie.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Januarie 2010