– hulle het die hele eersteklaskajuit van die Qantas-vliegtuig bespreek en 90 stukke bagasie gehad.

Die koninklike egpaartjie, die ouers van die 10 maande oue prins George, het die skuilname verlede maand by ’n lughawe in Sydney gebruik.

’n Bron het aan The Sun gesê: “Dit was snaaks dat hulle sulke alledaagse Britse name gebruik het. Selfs George was Baba Jones. Dit het ’n bietjie simpel voorgekom; almal het geweet wie hulle is.”

Die gesin het soveel bagasie gehad omdat hulle baie aandenkings ontvang het tydens hul drie weke lange toer van Australië en Nieu-Seeland.

Dit is nie die eerste keer dat die egpaar, wat in 2011 getroud is, skuilname gebruik nie. Catherine, wat voor haar troue as Kate Middleton bekend gestaan het, het in 2009 ’n verrassingswegbreek vir William se 27ste verjaardag bespreek en toe die name mnr. en mev. Smith gebruik.

William se pa, prins Charles, en dié se vrou, Camilla, gebruik glo die skuilname Fred en Gladys.