By vanjaar se Tempo-toekennings is hy benoem as die akteur van die jaar in die rolprent-, drama- en sitkom-kategorie vir sy vertoning in Molly en Wors en die trefferfliek Faan se Trein.

In Faan se Trein vertolk Willie die naamrol en lewer ’n meesleurende vertoning.

“Ek sal enige rol speel, maar ’n rol soos Faa’ gebeur net een keer in ’n loopbaan. Ek is baie dankbaar daarvoor,” sê hy nederig.

En hy sit nie stil noudat die benoemings inrol nie. “Ek skryf aan en doen die regie vir ’n nuwe kykNET-reeks, Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra.”

Die Huisgenoot-Tempo-toekennings vind op 3 Junie by Emporers Palace plaas.

Stem sommer nou vir jou gunsteling, want een leser kan vanjaar met Suzuki ter waarde van R180 000 wegstap. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel; jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat hiermee spog! En daar is ook Samsung-slimfone op die spel!

STEM HIER VIR JOU GUNSTELINGE - SMS OF AANLYN!

- Joshua Carstens

FB