’n Bron na aan William (31) het aan die Sunday Express gesê die prins sal in die volgende jaar ’n beter begrip kry van wat op die hertogdom se plase aangaan.

William wil op plase in Devon, Somerset en Herefordshire boer. Hy het onlangs aangekondig hy gaan die lugmag verlaat om voltyds koninklike verpligtinge uit te voer.

Die hertog van Cambridge het tevore al met boerdery te doene gehad. Hy het in 1987 op die Isle of Berneray in die Buite-Hebride aan die Skotse weskus skape gedip, aartappels geplant en turf afgesteek.

Selina Scott, wat ’n dokumentêre program oor die omgewing gemaak het, het vertel: “Hy was soos ’n familielid terwyl hy saam met Donald en sy vrou, Gloria, aangesit het om skaapvleis te eet. Hy het in die bed geslaap wat Gloria vir hom opgemaak het, hoewel die kat daarop geslaap het – en hy hou nie eens van katte nie.”

Die hertogdom besit benewens plase in Cornwall ook 133,000 akker grond in Suidwes-Engeland en verskeie eiendomme in Londen, insluitende die Oval-krieketveld.