Prins William probeer die “donker skaduwees verdryf” van sy ouers se egskeiding deur met sy gesin na Kensingtonpaleis te trek, sê die koninklike fotograaf Mark Stewart.

Die 31-jarige prins, sy vrou, Catherine (31), en hul drie maande oue seun, prins George, het onlangs ingetrek by hul opgeknapte woonstel by Kensingtonpaleis, waar hy die gelukkigste deel van sy kinderdae deurgebring het. Mark glo William sal dié goeie tye onthou noudat hy teruggetrek het.

“Ek dink deur sy eie gelukkige gesien hier te laat woon, probeer hy die geluk herskep wat hy as kind by Kensingtonpaleis ervaar het en wil hy ontslae raak van die donker skadu’s wat verbind word met sy ouers se verbrokkelde huwelik.”

William – wie se ouers, prins Charles en wyle prinses Diana, in 1996 geskei is – is glo vasbeslote om sy gesin uit die openbare oog te hou en om sy seun toe te laat om so ’n normaal moontlike lewe te hê.

Die egpaar wou net ’n klein aantal huishoudelike personeel by hul woonstel, 1A, hê, onder wie die huishoudster Antonella Fresolone, die deeltydse oppasser Jessie Webb en ’n handjievol mediabeamptes en ondersteuningspersoneel.