William (82) het die rol vertolk van kapt. James T. Kirk in die oorspronklike Star Trek-televisiereeks van die 60’s.

Die Britse sakereus (63) het aan The Sun gesê: “Hy het gesê hy is bang vir vlieg, wat nogal teleurstellend is. Kapt. Kirk is bang om te vlieg.”

William is in 2011 genooi om deel te wees van die ruimtesending, maar vertel hy was nie beïndruk met die rekening nie. “Hy wou hê ek moes opgaan en daarvoor betaal. Ek het gesê: Haai, betaal jy my en ek sal gaan. Ek sal my lewe vir ’n groot som geld waag. Hy het nie my aanbod aanvaar nie.”

Richard het pas die Britse rockers Muse op sy lysie bekendes vir die vlug geplaas. Hy sê al is hulle bekend, moet hulle vir die voorreg betaal. Die sitplekke kos sowat R2 miljoen elk.

Ander bekendes op die passasierslys is Ashton Kutcher, Mila Kunis, Justin Bieber, Leonardo DiCaprio en Russell Brand.

Richard en sy gesin, asook almal wat ’n deposito betaal het, sal op ’n twee uur lange vlug in die planeet se wentelbaan wees. Die passasiers sal 62 myl in ruimtehoogte – die internasionaal erkende grens van die buitenste ruimte – reis. Hulle sal gewigloosheid ervaar en ’n ongelooflike uitsig oor die kurwe van die aarde hê.