Gissings dat ’n verlowing in die Britse koningshuis op hande is, is vol in die kol, skryf die koninklike kenner Katie Nicholl in haar nuwe boek, William and Harry.

Maar Kate Middleton en Chelsy Davy het uitgevind daar's geen haas as William en Harry jou die jawoord wil vra nie.

Terwyl die twee Britse prinse in Suid-Afrika is vir die Fifa-wêreldbekersokkertoernooi, werp Katie in haar nuwe boek ook interessante lig op die liefdeslewe van die wêreld se twee hubaarste prinse.

Lees die die eksklusiewe boekbonus oor die prinse in die Huisgenoot van 24 Junie 2010.