Prins William en sy nuwe vrou, hertogin Catherine, het vandag op hul wittebrood vetrek, het Clarence House bekend gemaak.

Hoewel die Britse media Dinsdag bespiegel het dat die paartjie op pad na die Seychelles is, wou die amptelike koninklike woordvoerder nie die bestemming van die wittebrood bekend maak nie.

Kort na die paartjie se troue op 29 April het hulle vir ‘n langnaweek wegbreek waarna prins William moes terugkeer werk toe.

Hy het egter vanaf vandag twee weke amptelike verlof.

“Ons sal wel bevestig dat die prins en hertogin vandag op hulle wittebrood vertrek het, maar kan geen verdere inligting bekend maak nie,” het ‘n koninklike woordvoerder gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.