Nuwe wasbeelde van Brittanje se troonopvolger en sy vrou is onthul.

Die wasbeelde, wat tot middel November aan Madame Tussauds geleen word, is elk R2,4 miljoen werd. Die beelde is geklee in replikas van die uitrustings wat die koninklike paartjie na ’n gala-ete in die Belasco-teater in Los Angeles gedra het. Dit was tydens hul eerste amptelike besoek aan Amerika en Kanada nadat hulle in April 2011 getroud is.

Die beeld van Catherine is geklee in ’n replika van die Alexander McQueen-rok wat die hertogin vir die ete gedra het. William se beeld dra ’n aandpak en glimlag breed.

Hier is die foto van hul wasbeelde: 

William en Kate se wasbeelde