“Elke stem maak ‘n verskil en ons almal het ‘n verantwoordelikheid om te stem.”

Só het die Afrikaanse sanger Willem Botha aan Huisgenoot gesê alvorens hy sy kruisie getrek in die plaaslike verkiesing.

Willem het vandag reeds gestem omdat hy Woensdag, tydens die amptelike verkiesingsdag, in Oudtshoorn moet optree.

“Ek vlieg reeds vroeg Woensdagoggend na Oudtshoorn en sal nie kan stem waar ek geregistreer het nie. Daarom moes ek toestemming kry om vandag te stem,” het hy gesê.

Bejaardes, swanger vroue en ander persone wat nie Woensdag by die stembusse kan uitkom nie, het vandag hulle kruisies getrek. Voormalige president Nelson Mandela het ook vandag gestem.

Willem se pa, Theuns Botha, is die leier van die DA in die Wes-Kaap en ook daar provinsiale minister van gesondheid.

“Ons bou aan ons toekoms en daarom is dit belangrik dat ons stem. Ek raak opgewonde as ek sien hoe entoesiasties die jeug oor Suid-Afrika is,” het Willem gesê.

SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind of jy geregistreer is en waar jy kan stem.

Volg Huisgenoot op Twitter.