Is selfies selvoldaan? Dis die neiging wat almal volg: Neem ’n selfie en plaas dit op sosiale media. Dis mos ’n lekker manier om jou lewe met die wêreld te deel! Maar die sanger Willem Botha het onlangs onder kritiek deurgeloop toe hy ’n paar selfies op sy Facebook-blad geplaas het.

Aanhangers het hom gekritiseer as “selfvoldaan” en ’n “aandagsoeker”, maar dié sanger het vinnig teruggekap. “Ek verstaan nie hoekom daar dan iemand soos die mense is wat voel hulle het die reg om jou sleg te sê of te oordeel nie. Ek gee nie om wanneer iemand se mening verskil en hulle nie saam met my stem nie, maar hoekom moet jy persoonlik raak?” Hierna het hy ’n versameling van ander bekendes se selfies geplaas om te wys dat almal dit doen.

- Joshua Carstens