Dit gaan voor die wind met Will Smith en Jada Pinkett Smith ten spyte van nuwe gerugte dat hy haar verkul het.

Die 45-jarige akteur, wat twee kinders, Jaden (15) en Willow (13), by die aktrise het, het bespiegelings laat ontstaan dat hul huwelik van 16 jaar verby is nadat foto’s vorendag gekom het waarop hy hom verlede maand in ’n fotohokkie by ’n partytjie in New Orleans teen sy Focus-medester Margot Robbie (23) aanvlei.

Maar ’n bron het aan UsMagazine gesê dit voor die wind met die paartjie en volgehou hy en Margot is net vriende.

Die bron het bygevoeg: “Hulle gaan nie uit nie.”

’n Ander bron het gesê: “Dit was ’n fotohokkie op die stel wat die vervaardigers vir almal gekry het. Dit was die laaste dag van verfilming en almal het foto’s geneem. Hulle was sommer net laf. Will is so. Daar steek niks meer daaragter nie.

“Hulle (Will en Jada) is dooddollies.”

Ten spyte van hul vriende se kommentaar het Jada Sondag die volgende kriptiese boodskap op haar Facebook-tydlyn geplaas: “Ons moet nooit verwag ons gaan nie foute maak nie; ons moet net verwag om daaruit te leer.”

Vroeër vanjaar het die Madagascar-ster gesê dit sal baie verg voor sy haar man los.

Sy het gesê: “Kan Will enigiets doen sodat ek hom ophou liefhet? Ek kan aan niks dink nie. Ek is jammer. Behalwe as hy iets slegs aan die kinders doen, dan het ons ’n probleem.”