Brittanje se hertog en hertogin van Cambridge gaan die res van die jaar niks meer koninklike toere oorsee onderneem nie.

Prins William en sy vrou, hertogin Catherine, verwelkom na verwagting in Julie vanjaar hul eersteling; daarom beplan hulle om in die komende maande al hul aandag aan hul gesinslewe te wy.

Hul hoof privaat sekretaris, Jamie Lowther-Pinkerton, sê dat toekomstige koninklike toere later vanjaar oorweeg sal word.

’n Bron na aan die koninklikes het gesê dis “hoogs onwaarskynlik” dat die paartjie saam oorsee sal toer nadat die baba eers gebore is, maar dit is moontlik dat William alleen kan toer.

Die 30-jarige prins gaan in September sy verpligtinge as soek-en-reddingsvlieënier in die Koninkliike Lugmag afhandel en ’n aankondiging oor wat hy daarna gaan doen, word binne weke verwag.

- Bang Showbiz