[caption id="attachment_120111" align="alignnone" width="600"]’n Olifantgesin steek een van die Kruger Nasionale Park se stowwerige agterpaaie oor. FOTO: Google Street View ’n Olifantgesin steek een van die Kruger Nasionale Park se stowwerige agterpaaie oor. FOTO: Google Street View[/caption]

Wanneer jy Google Street Views se 360 grade-blik op die Kruger Nasionale Park gebruik, voel dit kompleet asof jy jou in die ware Jakob bevind.

Gebruikers word vermaak met kiekies van olifante wat in watergate afkoel, ’n adellike renoster wat oor die grasvlaktes stap en selfs ’n skaam luiperd wat oor die pad sluip.

[caption id="attachment_120112" align="alignnone" width="608"]’n Windverwaaide trop buffels. FOTO: Google Street View ’n Windverwaaide trop buffels. FOTO: Google Street View[/caption]

Google en SANParke het saam die konsep bekend gestel om die park se skoonheid te wys met die hoop dat toeriste daarheen sal stroom om die diere in lewende lywe te ervaar.

[caption id="attachment_120114" align="alignnone" width="600"]’n Alleenloper-luiperd op ’n wandeling deur die park. FOTO: Google Street View ’n Alleenloper-luiperd op ’n wandeling deur die park. FOTO: Google Street View[/caption]

Die natuurreservaat is nie die enigste plaaslike besienswaardigheid wat Google deel nie. Die "Mzansi-ervaring" sluit ook ander pragtige plekke soos Tafelberg, Cliftonstrand, Kaappunt en die Kirstenbosch-tuin in die Wes-Kaap in.

Die wieg van die mensdom in Gauteng en Durban se Goue Myl en die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap kan ook bekyk word.

[caption id="attachment_120115" align="alignnone" width="600"]Van Tafelberg se kruin. Foto: Google Street View Van Tafelberg se kruin. Foto: Google Street View[/caption]

[caption id="attachment_120116" align="alignnone" width="601"]Clifton se strand in Kaapstad. Foto: Google Street View Clifton se strand in Kaapstad. Foto: Google Street View[/caption]

[caption id="attachment_120117" align="alignnone" width="601"]Die wieg van die mensdom in Gauteng. Foto: Google Street View Die wieg van die mensdom in Gauteng. Foto: Google Street View[/caption]

– Kirstin Buick

Ander stories op Huisgenoot.com:

47-jarige Tereza Troskie-Herbst maak laatlam se geslag aan Huisgenoot bekend

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry

Pa en seun in teenstropery-operasie deur veldwagters doodgeskiet

‘Ek is moeg, ek wil nie meer so lyk nie,’ vertel mismoedige Worcester-man met aardige groeisel aan sy nek

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite