Michael Moore (59), sy vrou, Adele, seun, John-John, en dogter, Julie (22), het Saterdag op die plaas Earlostown gaan stap. Twee swartwildebeeste word in ’n kamp op die plaas aangehou.

Die Moores was blykbaar nie daarvan bewus dat die diere op die plaas aangehou word nie.

“Toe die diere hulle bestorm, het Adele daarin geslaag om weg te kom en in die rigting van Rhodes te hardloop,” het Gerrit Henning, die voorsitter van die Rhodes-gemeenskapsveiligheidprojek, aan die koerant gesê.

Sy het op ’n naburige plaas om hulp gevra. Sy was ongedeerd. Haar dogter het beserings aan haar kop en gesig opgedoen.

- Sapa

Sapa