Die kat het deur ’n  venster van Bruce en Eileen Gough se woonstel ingesluip en chaos veroorsaak. Dit het antieke stukke in die woonstel laat stukkend val soos dit deur die woonstel gehardloop het, Bruce gebyt en gekrap en regoor hul slaapkamer ontlas en geürineer.

Die paartjie het die kat in die slaapkamer toegemaak, waar dit teen die gordyne tot bokant die venster opgeklim het  en daar gebly het. Na 48 uur moes een van hul bure, ten volle geklee in ’n motorfietsuitrusting die kat uit die woonstel kom haal, nadat die dierebeskermingsvereniging hulle nie kon help nie.

Bruce moes ’n klem-in –die-kaak inspuiting kry.

Bronne: Kentonline.co.uk en dailymail.co.uk