Brittanje se hertogin van Cambridge wil glo graag ’n dogtertjie hê.

Hertogin Catherine het in Julie verlede jaar die lewe aan George geskenk en is nou blykbaar desperaat vir ’n dogtertjie omdat sy dink dit sal goed wees vir hom om saam met susters groot te word.

’n Bron het gesê: “Kate wou nog altyd ’n dogter hê, en sy het so baie daarvan gepraat dat William ook nou een wil hê.

“Kate se kinderjare met Pippa (Middleton, haar suster) was idillies en sou wou nog altyd dogters hê om die tradisie van sterk, gelukkige vroue voort te sit.

“En sy dink ook dit sal goed wees vi George se karakter om susters te hê”

Prins George het onlangs sy eerste koninklike toer meegemaak toe hy Nieu-Seeland en Australië saam met sy ouers besoek. Catherine was glo verheug dat George so goed oor die weg gekom het met die kinders wat hy tydens die besoek ontmoet het.

Die bron het aan die Amerikaanse OK! Magazine gesê: “Kate was baie bekommerd dat George nie met die vreemdelinge sou wou speel nie.

“Maar sy kalm, liefdevolle houding het haar kalmeer.

“Om hom so vol selfvertroue tussen die ander kinders te sien (hy het graag speelgoed gedeel) het haar gewys hoe ’n wonderlike ouboet hy gaan wees. Sy kan nie gelukkiger wees nie.”