Kanye West wil glo nie met Kim Kardashian trou nie.

Die 36-jarige rapper wil blykbaar ’n “moderne” verhouding met die werklikheidster (32) hê en wil nie met haar trou net sy omdat sy die ma van hul kind, North, is nie.

’n Bron het aan RadarOnline.com gesê: “Kanye sê vir vriende hy sal nooit met Kim trou nie. Hy het geen behoefte of enigsins lus om hul verhouding in die oë van die reg amptelik te maak nie . . . Kanye verkies die idee van hulle as ‘vennote’.

“Hy sien die huwelik as outyds en hy verkies die moderne en nuwe. Hy voel nie hy het nodig om met Kim te trou net omdat hulle ’n kind het nie.”

Dit pla Kim skynbaar nie. Die bron het gesê: “Wat ’n groot, uitspattige troue betref: Kim voel sy was al daar, sy het dit al gedoen.”

Dit het haar glo ’n rukkie geneem om die idee van nog ’n huwelik te laat vaar, maar sy het dit onder Kanye se invloed gedoen.