Kykers het gewoond geraak aan die weervoorspeller wat soms self die onvoorspelbare kon doen. Sy manhaftige pogings om Afrikaanse woorde te sê, veral die onuitspreekbare name van ons dorpe, het hom al hoe meer gelief gemaak. Hy het egter nie alleen Amerika toe gegaan nie. Derek het ’n mooi en spesiale deeltjie van ons land met hom saamgeneem: Tara Hossack. Toe die paartjie die eindstreep van die Comrades-marathon oorsteek, het hy weer die onvoorspelbare aangevang: Hy het nog genoeg asem oorgehad om Tara om haar hand te vra.

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on

Maar niemand sou kon voorspel wat Derek en sy mooie Tara Maandag op Instagram aangekondig het nie. Reg geraai! Daar is ’n klein Van Dam-dametjie op pad en sy behoort haar opwagting in Maart 2017 te maak!

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on
By die foto wat hulle albei op hul onderskeie Instagram-profiele gedeel het, het Derek geskryf: “Dit verander alles . . . en ek kan nie gelukkiger of meer opgewonde wees nie!” Tara was dit eens. “Ek wag al my hele lewe lank om dit vir die wêreld te kan sê,” het sy geskryf. Die paartjie se wêreld is reeds vol avontuur, maar gaan beslis ’n hupstoot met die aankoms van die nuweling kry.

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on

A photo posted by Tara Van Dam (@tvd84) on

A photo posted by Derek Van Dam (@dvd82) on