Die somer is nog in die lug, maar dis nie te vroeg om nou al jou griepinspuiting te kry nie.

Die nuwe seisoen se entstof het in die land opgedaag, en jy moet verkieslik sorg jy kry dié inspuiting voor Junie, sê dr. Balin Moodley, ’n mediese dokter by Netcare se reiskliniek in Rivonia.

Dis ’n ouvroustorie dat die griepinspuiting kwaai griepsimptome veroorsaak, sê hy. “As jy reeds begin siek word, kan die simptome vererger, maar so iets gebeur baie selde.”

Balin beveel dit vir almal aan, maar sê veral kinders, bejaardes en mense met diabetes, hartprobleme, chroniese borskwale en immuunsiektes moet sorg dat hulle ingeënt word. “Babas kan van drie maande oud af ingeënt word. Ouer mense kry net een dosis, maar die heel kleintjies kry twee, ’n maand uitmekaar, met ’n halwe dosis ingespuit,” verduidelik Balin.

Die inspuiting kos sowat R75.