Skytrax, Britse vliegwesekonsultante, resenseer jaarliks meer as 600 lugrederye en stel ’n ranglys bekend.

Elke lugdiens word beoordeel volgens talle kriteria, soos die ouderdom van die vliegtuie, doeltreffendheid, maaltye op die vlugte en diens.

Die Noord-Koreaanse lugdiens kom veral onder skoot vir hul verouderde vliegtuie en praktyke. Hulle het meer as 20 jaar laas ’n nuwe vliegtuig aangeskaf. Air Koryo is in 2006 uit die EU se lugruim verban weens kommer oor veiligheid en instandhouding. Intussen is ’n klein aantal van die vliegtuie weer toegelaat. Noord-Korea se swak diens staan selfs nog meer uit omdat die meeste van die toplugrederye op die lys vanuit die Ooste is.

Bronne: The Telegraph, Traveller24