Die plaaslike skoonheid het Saterdag haar 33ste verjaarsdag gevier, maar vertel haar kêrel, die Sharks-speler Jacques Potgieter, het haar reeds die Vrydagnag 12h00 met geskenke verras.
“Dit was vreeslik oulik!” vertel sy opgewonde. Sy is onder meer ’n geluksarmband, ’n reuse-hardeskyf, produkte deur haar gunstelingskoonheidshuis en ’n indrukwekkende bos rose ryker. Lees ook: Angelique Gerber vertel eksklusief aan Huisgenoot hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees Jacques het selfs haar lipstiffie gegaps en haar verjaarsdagkaartjie met soene versier en haar met ’n verjaarsdagkoek waarop hul foto pryk verras.

“Ek het darem ook die oggend eers gaan draf,” vertel sy laggend.

“Dit was ’n baie lekker, rustige verjaardag. Ons het die Saterdagoggend saam met vriende ontbyt geëet en Jacques wou natuurlik die middag rugby kyk.”

Die Sondag het sy en Jacques hul jeug herleef met stampkarretjies en ’n uitstappie na die 4D-fliekteater waar fliekgangers met simulasietegnologie by die aksie betrek word.

Aan lekkerder verjaarsdagpret, kan ons nie dink nie. Geluk, Angelique!

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?