Roxanne Adams het tydens Oscar Pistorius se moordsaak die oog gevang. Die skoonheid kan gewoonlik in die agtergrond gesien word waar sy by Oscar se regspan sit. Hy praat soms met haar wanneer hy sy regspan in die hof raadpleeg.

Roxanne 1

Hier is ’n paar feite wat jy nie oor haar geweet het nie:

  1. Die International Business Times berig dat sy 24 jaar oud is.
  2. Sy is ’n kandidaatprokureur by die regsfirma Ramsey Webber in Johannesburg.
  3. In haar Twitter-biografie beskryf sy haarself as fiksheidsmal.
  4. Dit noem ook haar doel in die lewe is om “suksesvol te wees in alles wat ek aanpak”.
  5. Sy twiet gereeld bemoedigende boodskappe soos: “Dié wat die meeste sukses in die lewe bereik, bly altyd gefokus op hul doelwitte en gooi nooit die handdoek in nie” en “Glo in jouself en jou vermoë! Jy moet ’n aanvaarbare hoeveelheid selfvertroue hê, anders sal jy nooit gelukkig wees nie.

[caption id="attachment_70210" align="alignnone" width="600"]Roxanne Adams by Oscar Pistorius se verhoor. (Foto: Sapa) Roxanne Adams by Oscar Pistorius se verhoor. (Foto: Sapa)[/caption]

-  Petro-Anne Vlok

Bronne: ramweb.co.za, ibtimes.co.uk, twitter.com