Elektroniese sigarette het nie gewerk nie. Ook nie ‘n weddenskap vir ‘n kas brandewyn nie. En nou kan die grapmaker Wicus van der Merwe ook hipnose voeg by sy lysie van onsuksesvolle pogings om die rookgewoonte af te skud.

“Die elektroniese sigaret het ek sommer in die vuur gegooi en selfs Alan Carr se boek Easy to Quit Smoking het nie eers gehelp nie,” vertel Wicus.

Selfs ‘n weddenskap vir ‘n kas brandewyn was nie genoeg motivering nie.

“Ek het nou die dag gehoor van ‘n vrou wat hipnose gebruik om rokers te help om op te hou,” het Wicus gesê.

Hy het Durbanville toe gery om gehipnotiseer te word, maar twee ure later het hy weer begin rook.

“Dit was nie die vrou se skuld nie hoor, dis alles myne,” het Wicus gesê.

Wicus rook al van 1998 af en wil bloot ophou omdat dit nie meer vir hom lekker is nie.

Het iemand dalk vir hom raad?

Volg Huisgenoot op Twitter.