Die film, I will always love you, het die afgelope naweek sy debuut gemaak en vertel die verhaal van Whitney se suksesvolle musiekloopbaan, maar ook haar ontstuimige huwelik met Bobby Brown en haar stryd teen dwelms. Whitney se liggaam is in 2012 in ’n bad in die Beverly Hilton hotel in Kalifornië gevind. Sy het in die bad verdrink.

In ’n amptelike verklaring op Whitney se webblad, skryf haar skoonsuster namens die gesin dat kykers moet besef die fliek is sonder die gesin se toestemming vervaardig en dat Whitney se ma versoek het dat die film nie gemaak word nie.

“Ek dink nie hulle besef dat hulle iemand se nalatenskap gruwelik aanrand nie,” skryf Pat Houston.

“Hulle soek net nog ’n werk of geleentheid om in die kollig te wees.”

Pat skryf ook dat die vervaardigers min werklike insig tot Whitney se lewe gehad het en kap na Angela Basset, die fliek se vervaardiger en ’n jarelange vriendin van Whitney, en beskuldig haar daarvan dat haar optrede nie dié van ’n vriend is nie.

“Dit is disrespekvol, oneerlik en ’n klap in die gesig vir Whitney se ware en lojale vriende.

Ten spyte van die gesin se misnoeë blyk dit Whitney se aanhangers is tevrede met die film oor die ikoniese sanger: