Die boodskapdiens het vroeër in ’n inskrywing op hul blog bekend gemaak dat hulle nie meer die ou bedryfstelsels, waarop hierdie fone werk, gaan ondersteun nie.

Lees ook: Dié eenvoudige truuk sal jou wys wie jou beste vriend op WhatsApp is

Ouer weergawes van Google se bedryfstelsel, Android, word ook hierdeur geraak.

Toe WhatsApp sewe jaar gelede geloods is, het sowat 70% van sy gebruikers ’n BlackBerry of Nokia gehad. Net 25% van gebruikers het toe Android-fone besit.

Die bordjies is nou verhang. Verreweg die meeste selfoongebruikers besit in dié stadium of Android of Apple-slimfone; daarom het die boodskapdiens besluit om eerder hul hulpbronne op dié mark toe te spits.

Alle ondersteuning vir WhatsApp op die volgende toestelle sal teen die einde van 2016 gestaak word:

  • BlackBerry, insluitend BlackBerry 10
  • Nokia S40
  • Nokia Symbian S60
  • Selfone wat Android 2.1 en Android 2.2 gebruik
  • Windows Phone 7.1

Hierdie bedryfstelsels kan nie meer die nuwe eienskappe van die app ondersteun nie.

Nuwer Nokia-fone wat ook van Android of op Microsoft se nuutste bedryfstelsel funksioneer, sal nie hierdeur geraak word nie; so ook nie gebruikers van BlackBerry se nuwe foon, die Priv, wat ook van Android gebruik maak nie.

Lees ook: Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar

WhatsApp raai daarom alle gebruikers van die betrokke fone aan om voor die einde van die jaar op te gradeer na ’n foon wat steeds die app sal kan ondersteun.

Om te sien watter bedryfstelsel jou foon gebruik, gaan bloot na “Settings” en dan na “About”. Jou bedryfstelsel behoort daar aangedui te word.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Zephany Nurse se grootmaak-ma het gedink ‘haar mamma wil haar nie hê nie’

Pa kom met desperate plan vorendag om sy identiese tweeling van mekaar te onderskei

Die lelikste en mooiste: Oscar-rokke wat wenkbroue lig

Verbygaande verpleegster red man ná weerlig hom tref

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar

Hartseer nuus vir Thys die Bosveldklong