Kitsboodskappe op apps soos WhatsApp het vir die eerste keer SMS’e verbygesteek as die gewildste manier van ’n boodskap met ’n selfoon stuur, sê  die navorsingsfirma Informa.

Informa sê in 2012 is omtrent 19 biljoen boodskappe elke dag met apps gestuur, vergeleke met 17,6 biljoen SMS’e, berig die BBC.

Die navorsing kan dalk ’n groot uitwerking op selfoonoperateurs hê omdat SMS’e een van hul vernaamste inkomstebronne is.

-Nuus24