Dit gaan alles verander.

whatsappmain

Lees ook: Kan ek ’n WhatsApp-boodskap uitvee NADAT ek dit gestuur het?

“Ons stel hierdie funksie bekend, want ons weet stem en teks is soms net nie genoeg nie. Daar is geen plaasvervanger om te sien hoe jou kleinkind haar eerste treetjies gee of om jou dogter se gesig te sien waar sy oorsee studeer nie,” sê WhatsApp in ’n blog-plasing.

Die maatskappy, wat deur Facebook besit word en met meer as ’n biljoen gebruikers spog, gaan ongetwyfeld ’n waardige teenstander wees vir Skype, FaceTime en ander data-intensiewe video-oproepdienste.

“Ons wil hierdie funksie beskikbaar stel aan almal, nie net diegene wat die duurste nuwe fone kan bekostig of in lande woon met die beste selfoonnetwerke nie.

So maak jy:

  1. Om ’n video-oproep te maak, moet WhatsApp-gebruikers eerstens die kletsskerm oopmaak van die persoon wat hulle wil skakel.
  2. Van daar kan hulle die geselsknoppie in die boonste regterhoek van die skerm druk.
  3. ’n Boodskap sal verskyn wat vra of jy ’n stem- of video-oproep na die persoon wil maak. Kies dan net die “video call”-opsie – en siedaar, jy is verbind!

Die mees opwindende aspek van hierdie gerief is moontlik dat WhatsApp-gebruikers tussen die voorste kamera en die agterste een kan wissel. Jy kan ook die oproep demp of beëindig deur eenvoudig die rooi knoppie te druk.

Moenie paniekerig raak as jy nie dadelik die nuwe kenmerk sien nie. WhatsApp is nog besig om dit te ontplooi en jy sal dit binne die volgende paar dae kan begin gebruik.

Bronne: blog.whatsapp.com, techcrunch.com