WhatsApp Web

WhatsApp het sy diens verleng sodat jy alle gesprekke wat op jou selfoon begin is, later op jou rekenaar deur die kletsdiens se app kan voortsit.

Ongelukkig het die maatskappy gesê hierdie nuwe diens is nie beskikbaar op die iOS sagteware nie, weens beperkings daarop, en alle Apple-gebruikers sal nie toegang tot hierdie diens op hulle rekenaars kan geniet nie.

Die diens kan egter deur alle Android, Blackberry, Windows en Nokia S60 verbruikers gebruik word mits hulle die nuutste weergawe van WhatsApp op hul foon gelaai het.

Om WhatsApp op jou rekenaar te begin gebruik moet gebruikers die Google Chrome-webleser gebruik en na https://web.whatsapp.com gaan.

Skandeer die QR-kode op die skerm met die foon waarop WhatsApp is en volg die aanwysings.

Bronne: whatsapp.com; www.mirror.co.uk