[caption id="attachment_130316" align="alignnone" width="600"]Is dit nie 'n merkwaardige kleur nie? Foto: oregonstate.edu Is dit nie 'n merkwaardige kleur nie? Foto: oregonstate.edu[/caption]

Die blou skakering heet YInMn en gaan glo eersdaags gebruik word om alles van plastiek tot verf te kleur.

Die helderblou kleur herinner glo sterk aan die betowerende blou wat antieke Egiptenare probeer skep het deur verskillende stowwe te meng. Daar is glo ook bewyse dat die Maja, wat destyds geleef het in die dele wat vandag as Suid-Amerika bekendstaan, probeer het om ’n deurskynende blou soos dié een te skep.

Die kleur is eintlik reeds in 2009 deur aptekers by die Oregon-staatsuniversiteit ontdek, maar kan nou eers as kleurstof bemark word omdat wetenskaplikes dit eers verder moes ontwikkel, verduidelik die universiteit in ’n verklaring.

“Dit was eintlik ’n besondere toeval,” het Mas Subramanian, een van die aptekers wat deel was van die ontdekking, gesê.

Die kleur is “per ongeluk” ontdek toe hy en sy span nuwe middele beproef het waarmee hulle elektroniese toebehore kan bedek. Die kleur is glo baie duursaam en sal nie verdof as dit met olie of water meng nie. Boonop bevat dit geen gifstowwe nie.

“Die struktuur van hierdie pigment was voorheen bekend, maar niemand het dit ooit oorweeg om hierdie struktuur vir kommersiële doeleindes soos pigmente te gebruik nie,” het Mas bygevoeg.

Bron: oregonstate.edu