“Ons begin met eier witte wat 20 minute teen 90o C gekook is en sit dan ’n belangrike proteïen terug om die eier weer rou te maak,” het Gregory Weis, chemieprofessor aan die universiteit, in ’n verklaring gesê.

Gregory en sy span het ’n metode ontwerp waarmee verstrengelde proteïene weer uitmekaargetrek kan word. Ná die proses sal jy nie weer dieselfde rou eierwit hê nie, maar ’n belangrike proteïen sou weer teruggekeer het.

Hierdie deurbraak hou voordele in vir alle velde waar daar met proteïene gewerk word. Dit sluit in kankernavorsing, nywerheidskaasvervaardigers en selfs boere.

Bronne: Newsweek, Scientific American

Loer hier na die kort video: