’n Teksboodskap van jou baas kan senutergend op die beste van tye wees.

Maar vir Hamza Hendrix het een spesifieke SMS hom sprakeloos gelaat.

“Jy maak my so f***** woedend, meer as enigeen wat ek nog ooit ontmoet het,” het dit gelui. “Jy het eiehandig my lewe geruïneer.”

boodskap

Arme Hamza het nie geweet wat om te antwoord op sy bestuurder se boodskap nie, maar het later geantwoord: “Sjoe, wat het ek gedoen?”

Eers toe het sy bestuurder sy fout besef en jammer gesê. “O hel! Ek’s jammer, Hamza, ek het bedoel om dit na my vrou te stuur. Ek’s baie jammer,” het hy laat hoor.

boodskaptwee

Hamza was bereid om die fout te vergewe, maar dit het nie daar geëindig nie. Hy het die gesprek met sy baas getwiet en daarby geskryf: “Ek dink my bestuurder het diepgewortelde probleme.” Dis sedertdien meer as 94 000 hertwiet. Hy’t besluit om vir sy bestuurder te vra of hy oukei is om hom beter oor die ongemaklike situasie te laat voel. Maar die volgende antwoord het hom nog meer verstom, en dis toe dat hy besluit om homself uit die kwessie te onttrek. Hamza is oukei en die gedoente is vergete, maar dieselfde geld nie vir sy baas en dié se vrou nie. Ons hoop hulle klaar die saak uit.

Het iemand al per ongeluk vir jou ’n boodskap gestuur wat vir iemand anders bedoel was? E-pos ons jou storie by web@huisgenoot.com.