Shavaughn McKenzie is in Augustus verlede jaar buite haar huis in Hollywood Hills in hegtenis geneem nadat hy na bewering by haar veiligheidshek ingeglip het toe sy in haar motor by die huis kom. In Oktober het sy in die distrikshof in Los Angeles teen hom getuig en ’n interdik is teen hom toegestaan wat hom vir vyf jaar verbied om naby Kendall te kom of haar te kontak.

Kim Kardashian se halfsuster het nou op die werklikheidsprogram oor die ontstellende voorval gepraat.

’n Voorskougreep wys hoe sy haar ma, Kris Jenner, en Kourtney Kardashian se eks Scott Disick vertel wat gebeur het.

“Ek het een aand by die huis gekom en daar het ’n ou in my straat rondgestaan. Ek het gedink: ‘Dis nogal vreemd,’ ” sê sy.

“Toe ry ek om na my huis toe en kyk hoe die hek toegaan. Ek het my motor afgeskakel en my goed bymekaargekry. Ek was op die punt om my deur oop te maak toe ek in my truspieël kyk en hy net daar staan . . . binne die hek, reg agter my motor.”

Terwyl sy na die kamera kyk, verduidelik die model sy was eers vurig onafhanklik en het van haar eie geselskap gehou, maar dit het “heeltemal omgekeer” sedert haar ervaring met die bekruiper wat volgens haar nou verhoorafwagtend in die tronk is.

“Ek raak toe die kluts kwyt en hy sê: ‘Ek moet met jou praat,’ en ek sê: ‘Nee, jy moet loop,’ ” vertel sy verder.

“Ek bel toe dadelik een van my vriende. Ek snik, huil. Hy is by my ruit, slaan daarteen, skree op my. Ek begin eindelik agteruit ry, tot by my hek. Die hek gaan oop en ek ry uit. Toe begin (hy) ewe skielik agter my aan hardloop.”

Gelukkig het haar vriende op daardie oomblik daar aangekom en die man op die sypaadjie laat sit terwyl hulle gewag het dat die polisie op die toneel aankom.

In dié episode, wat op Sondag 26 Maart uitgesaai sal word, kry haar suster Kylie ook ’n veiligheidskok toe haar alarmstelsel afgaan terwyl sy uit was om aan te dui iemand het by haar ingebreek. Kris se lewensmaat, Corey Gamble, gaan stel dan ondersoek in.

© Cover Media