Die provinsiale polisiewoordvoerder Kapt. FC van Wyk het aan Huisgenoot gesê daar word beweer die man was besig in die water toe hy deur die krokodille aangeval is. Paarl Post, ’n gemeenskapskoerant, het op hul Facebook-blad berig die man was besig met instandhoudingswerk by ’n waterval toe die krokodille hom in die water ingesleep het.

Polisie en nooddienste was teen omstreeks 08:50 op die toneel waar die man uit ’n dam in die krokodille se habitat gehaal is.

Die 54-jarige toergids het op die toneel gesterf.

“Die (man se) lyk is deur werkers wat vir werk sou aanmeld aantref,” sê kapt. Van Wyk.

Die polisie ondersoek die saak verder.