Britney Spears

Britney Spears se nuwe liedjie,  Work Bitch, het aan die werk gespring ’n volle dag voor sy verwagte amptelike uitreiking.

Die dansliedjie, geskryf deur onder andere Willi.i.am en Sebastian Ingorsso se beskermling DJ Otto Jettman, het oor die naweek op die internet uitgelek. Die liedjie sal op haar volgende album verskyn wat nou nog naamloos is.

Britney (31) was glo baie ontsteld oor die swak gehalte van die weergawe wat uitgelek het ’n dag voor die amptelike uitreiking daarvan. Sy was die afgelope weke op die sosiale media blykbaar baie opgewonde oor die liedjie, wat moontlik ’n klubtreffer sal word.

https://twitter.com/britneyspears/status/379287436523618304

Britney se bestuurspan het in reaksie op die uitgelekte weergawe van Britney se liedjie vinnig die amptelike snit daarvan uitgereik.

Die liedjie, Work Bitch, is hoe Britney die geheim van haar sukses aan haar bewonderaars verklap. Sy koer, aanvanklik in ’n taamlik Britse aksent: “You want a hot body? You want a Bugatti? You want a Maserati? You better work bitch! You want a Lamborghini? Sip martinis? Look hot in a bikini? You better work bitch. You wanna live fancy? Live in a big mansion? Party in France? You better work bitch.”

Luister hier na haar nuwe liedjie: