Die 50-jarige en haar man, Wissam Al Mana, het hul seun, Eissa, gister verwelkom met ’n verklaring wat Janet se verteenwoordiger aan people.com uitgereik het. Dit lui onder meer: “Janet het ’n streslose, gesonde bevalling gehad en rus gemaklik.”

A photo posted by HOT 97 (@hot97) on

Kort ná die blye nuus het Janet se familielede die paartjie in die sosiale media gelukgewens. La Toya het ’n kiekie van ’n “It's a Boy”-ballon gedeel en getwiet: “Hoe opwindend! @JanetJackson, Jan het pas die lewe geskenk aan ’n pragtige babaseun! Veels geluk!”
Die Rhythm Nation-sangeres se neef TJ het ook vir haar ’n twiet gestuur nadat die nuus bekend geword het, maar die kleintjie se naam verkeerd gespel . . . “Veel geluk, tannie @JanetJackson! Baie bly vir jou & Wissan. Geniet elke oomblik saam met jou grootste treffer, Elissa #parenthoodisthebest,” het hy geskryf.

Lees ook: Suid-Afrikaanse glanspaartjie kondig babanuus aan

Nog sterre wat die nuwe ma geluk gewens het, was die sangeres Gloria Gaynor. Sy het geskryf: “Veels geluk @JanetJackson & Wissam Al Mana met die geboorte van jul seun, Eissa . . . .Wens julle baie geluk en vreugde toe! #janetjackson.”

Die Broadway-ster Audra McDonald het laat hoor: “Wel, dit is net wonderlike nuus! Veels geluk aan jou, @JanetJackson. Welkom by die klub!”

Maar die Amerikaanse skrywer Terry McMillan het in haar boodskap kommentaar gelewer oor Janet se gevorderde ouderdom: “Die Here seën haar, maar ek sou nie op 50 die lewe skenk nie. #JanetJackson.” Lees ook: Sjoe! Die ooievaar woeker behoorlik met Nuwejaarsbabas in Gauteng Janet het in Maart verlede jaar die eerste keer oor swangerskap geskimp toe sy die res van haar Unbreakable-wêreldtoer tot in 2017 uitgestel het om daarop te konsentreer om saam met haar man van vier jaar met ’n gesin te begin. “Ons is in die tweede skof van die toer en daar was ’n skielike verandering,” het sy verduidelik in ’n video wat op Twitter geplaas is. “Ek het gedink dit is belangrik dat julle eerste weet. My man en ek beplan ons gesin; daarom gaan ek die toer moet vertraag.”

Sy het nie destyds onthul of sy swanger is nie, maar volgehou sy sou “die toer voortsit so gou ek moontlik kan”. Sy het in Oktober verlede jaar eindelik bevestig sy verwag toe sy vir ’n swangerskapsportret vir die tydskrif People poseer.

© Cover Media