[caption id="attachment_168298" align="alignnone" width="600"]Foto: © Derrick Salters/WENN.com Foto: © Derrick Salters/WENN.com[/caption]

Die In Da Club-rapper (41) het met die gehoor bladgeskud terwyl hy by Baltimore Soundstage opgetree het, maar een vrou het die groetsessie te ver gevoer.

In videomateriaal wat tmz.com in die hande gekry het, reik 50 Cent na aanhangers in die voorste ry uit, maar die vrou weier om sy hand te los. Die ster val vooroor, en tref haar met sy ander hand teen die bors.

Lede van sy gevolg skarrel nader, en terwyl die rapper terugklim op die verhoog, probeer hy die situasie beredder deur die oorgretige aanhanger te nooi om die kollig met hom te deel.

“Kom nou, kom nou,” sê hy in die video. “Sê vir haar sy moet hierheen kom.”

Die aanhanger aanvaar die vredesaanbod en wys dan haar beste twerk-dansbewegings op die verhoog terwyl 50 Cent die volgende liedjie sing.

50 Cent, wie se regte naam Curtis Jackson is, het nog nie op die voorval kommentaar gelewer nie, maar dis nie die eerste keer dat ’n rapper ’n vroulike aanhanger bydam nie.

In 2015 is Afroman (42) verfilm toe hy tydens sy vertoning in Biloxi, Mississippi, ’n vrou slaan wat op die verhoog gespring. Hy is van aanranding aangekla en het in die openbaar verskoning gevra, skuld erken en tronkstraf vrygespring. Die hof het gelas hy moet woedebeheerklasse bywoon en lukrake dwelmtoetse ondergaan.

© Cover Media