Verbeel jou Lady Gaga, Stevie Wonder en Katy Perry kom vier jou verjaardag saam met jou! Én Katy Perry, Heidi Klum, Dakota Johnson, Ryan Phillippe en Neil Patrick Harris, om maar net enkeles te noem. As jy Elton John is en jy word boonop 70 is ’n sterbelaaide party seker die minste wat jy kan verwag.

[caption id="attachment_165701" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]
By die geleentheid is ook geld ingesamel vir die museum en vir sy vigs-stigting. Die 50ste herdenking van sy liedjieskryfvennootskap met Bernie Taupin is ook sommer gevier. Natuurlik is daar musiek gemaak: Gaga en Stevie Wonder het Happy Birthday, Wonder se treffer uit 1980, uitgevoer. Die 66-jarige Wonder het ook John se 1973-liedjie, Daniel, gesing en Gaga haar 2011-snit, Born This Way. Ryan Adams het Rocket Man, John se treffer uit 1972, gesing tot groot genot van die gaste. Elton het nog altyd daarvan gehou om sy verjaardag te vier, en hy was in ekstase oor die feit dat hy vanjaar sy mylpaal kon haal terwyl hy steeds besig was om te doen waarvan hy die meeste hou.

A post shared by Elton John (@eltonjohn) on

“Ek wil gedurig vorentoe beweeg in wat ek skep en ook ook die werk van ander mense bly ontdek,” lui ’n verklaring wat John uitgereik het.

“Ek dink nie ouderdom is belangrik nie, mits jy jou kop oophou vir nuwe dinge. Ek kan net so opgewonde wees oor die demonstrasieliedjie wat ’n nuwe kunstenaar vir my speel as oor ’n nuwe CD van een van my musiekhelde. Ek kan opgewonde raak oor ’n optrede in ’n nuwe stad waar ek nog nooit tevore was nie, of om ’n plek wat ek goed ken, weer te besoek en te sien hoe dinge verander het.

“Ek is ook bly ek kan my posisie gebruik om onregverdigheid in die wêreld aan die kaak te stel en om te probeer help waar ek kan. Hierdie stadium van my lewe is die heel gelukkigste.

© Cover Media