Die 70-jarige sanger, liedjieskrywer en vervaardiger het onthul hy was vier jaar oud toe die polisie hom ná 'n poging tot kindermolestering ondervra. 

Barry is about to hit the stage on the @todayshow. Tune in now to catch the performance! #BarryGibbOnToday #TodayShow

A post shared by Barry Gibb (@officialbarrygibb) on


“Ek het dit nog nooit voorheen oorvertel nie. Hoekom sou ek dit nou doen? Maar daar was ’n oomblik in tyd toe ’n man my probeer molesteer het toe ek sowat vier jaar oud was. Hy het my nie betas nie, maar ander goed het gebeur, en dit het met ander kinders gebeur,” het die rocker onthul. Sy jonger broers, Robin en Maurice Gibb, is in onderskeidelik 2012 en 2003 oorlede.

Die pa van vyf het bygevoeg die man is later in hegtenis geneem. 

“Vier jaar oud en ’n polisieman ondervra jou vieruur in die oggend op jou bed,” het hy vertel. “As dit jou nie oor die lewe leer nie, sal niks. Maar dis steeds vir my helder. Ek het niemand ooit vertel nie.”

Toe hy gevra is of die voorval by die huis plaasgevind het, het hy geantwoord: “Daardie besonderhede sal onsmaaklik wees.”

Barry tree hierdie naweek by die Glastonbury-megafees op.

Die sanger, wat 10 jaar gelede by die Rock and Roll Hall of Fame ingehuldig is, sal as die enigste oorlewende lid van die Bee Gees op die verhoog stap. Verlede jaar het hy by dié fees by Coldplay aangesluit om saam met hulle die Bee Gees se To Love Somebody te sing.