Die invloedryke sanger, digter en liedjieskrywer Leonard Cohen is in die ouderdom van 82 oorlede.

Dié musikant, met treffers soos Hallelujah en Dance Me To The End Of Love, het vroeg Vrydagoggend gesterf. Sy reklameagent het die hartseer nuus op sy Facebookblad bevestig.

"Dit is met diep hartseer dat ons bekendmaak die legendariese digter, liedjieskrywer en kustenaar Leonard Cohen is oorlede," het die verklaring gelui.

Dit het ook bevestig dat Leonard in 'n latere stadium begrawe gaan word en dat sy familie vra dat hul privaatheid in hierdie tyd gerespekteer word.

Leonard is oorspronklik van Quebec in Kanada, maar het reeds in die 1960's na New York verhuis om hom in die musiekbedryf te begewe. Met sy digterlike lirieke het aanhangers hom gou met sy tydgenoot Bob Dylan vegelyk.

Hy het twee kinders saam met die kunstenaar Suzanne Elrond van Los Angeles gehad: 'n seun, Adam, en 'n dogter, Lorca.

Sy laaste album, You Want It Darker, is uitgereik net drie weke voor sy dood. Die album is goed ontvang en resensente het gemerk dat Leonard in sy nuwe musiek oor die dood besin.

Die album het reeds meer as 25,000 esemplare verkoop.