????

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Candice se pa, Willem Swanepoel, is 'n neef van Hannah se pa, ook Willem, 'n landdros op Simonstad.

Hoewel Candice Hannah nooit ontmoet het nie, vertel Willem Swanepoel sy dogter was hartseer toe sy van haar tragiese dood hoor. 

“Toe ons klein was, het my familie baie by Willem (Cornelius) s'n gekuier,” vertel Willem Swanepoel vanuit sy huis op Somerset-Wes.

“Ons het as klein seuntjies lekker saamgejol. Maar hoe ouer 'n mens mos word, trou almal en kry kinders. Ons paaie het ongelukkig later geskei.

 

“My ma, Susan, het my die dag ná Hannah se moord gebel en vertel wat gebeur het. Toe ons weer oor die foon met Candice in Amerika gesels, het ons haar vertel van haar kleinniggie se dood.”

Willem vertel nadat sy dogter op die internet opgelees het oor Hannah en wat met haar gebeur het, het sy vir Willem en haar ma, Eileen, laat weet sy is jammer sy het haar nooit ontmoet nie. 

“Ek het Willem (Cornelius) by Hannah se begrafnis gesien. Ons sal beslis 'n plan maak om binnekort meer by mekaar uit te kom.”

Hannah se ouers, Willem en Anna, is tans in die buiteland. 

*Intussen het die vierde verdagte besluit om nie 'n aansoek om borgtog in te dien nie.

Eben van Niekerk staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting. Nog klagte kan bygevoeg word.

Die ander beskuldigdes in die saak is Vernon Witbooi (32), Geraldo Parsons (26) en Nashwill Julies (28). Hulle sal weer op 28 Julie in die landdroshof op Stellenbsoch verskyn. 

Vier mans het Hannah en 'n studentevriend van haar, Cheslin Marsh, op Stellenbosch aangeval terwyl hulle in haar blou Citi Golf gesit en gesels het.

Haar lyk is later op die plaas Groenhof langs ’n kragboks gevind. Sy het vermoedelik doodgebloei nadat sy vermoedelik om die beurt verkrag is.