Heel gepas het die flieks waarin hy en Terence mekaar gereeld gepak het, as “spaghetti-Westerns” bekendgestaan: Wilde Weste-flieks wat goedkoop in Europa vervaardig is, gewoonlik deur ’n Italiaanse vervaardiger en regisseur.

Tog was Terence (gebore Mario Girotti) een van Italië se bes betaalde akteurs in daardie dae. Want wie gee tog regtig om as die byklanke nie volmaak gesinchroniseer is nie? Jy was immers gewaarborg dat daar ten minste ’n paar wilde perderitte, ’n gekonkel met kaarte, vuiste wat klap en soms ’n mooi vrou in nood sou wees.

In dié flieks was daar selde ’n goue middeweg: Dit was die goeie ouens of die slegte ouens. En ten spyte van hul verflenterde voorkoms, was Bud en Terence die goeie ouens.

Hier is die twee soos hulle in The Night Before Christmas (1994) verskyn het. Hulle het in 18 flieks saam verskyn.

Gebore Carlo Pedersoli, het Bud sy naam op aandrang van sy eerste fliek se produksiespan in 1967 meer “Amerikaans” gemaak. Toe kies hy Bud Spencer – genoem na sy gunstelingbier en sy gunsteling Amerikaanse akteur, Spencer Tracy.

Wat min mense besef het, was dat die groot man wat deur die wêreld as ’n rewolwer-en-vuiste-man met ’n woeste baard beskou is, ’n Olimpiese atleet was wat Italië in 1952 en 1956 in swem en waterpolo verteenwoordig het.

[caption id="attachment_130203" align="aligncenter" width="600"]Foto: Google Images Foto: Google Images[/caption]

Hy was ook die eerste Italianer wat die 100 m-vryslag in minder as ’n minuut voltooi het.

Bud het ook ’n regsgraad verwerf en verskeie patente in sy naam geregistreer.

Dit was egter die kombinasie van die bebaarde Bud en aantreklike Terence Hill wat in die 1970’s vir rekordverkope by die loket gesorg het met hul fliek They Call Me Trinity.

’n Jaar later het hul volgende fliek, Trinity is Still my Name, daardie rekord aan stukke laat spat.

Wat is ’n Wilde Weste-fliek dan nou sonder vuiste wat klap?

Bud en Terence het in 2010 die David Di Donatello-fliektoekennings bygewoon.

Bud Spencer saam met Jane Fonda.

Volgens sy seun, Guiseppe Pedersoli, was sy laaste woorde: “Dankie”.

Bronne: hollywoodreporter.com, bbc.com, wikipedia.com, euronews.com, imdb.com