nadat hy met longontsteking in die hospitaal opgeneem is.

Jiroemon Kimura van Kioto, Japan, is op 12 Junie dood in die hospitaal waar hy sedert verlede maand behandel is.

Die bejaarde man, wat deur sewe kinders, 14 kleinkinders, 25 agterkleinkinders en 15 agteragterkleinkinders oorleef word, het op 115 Engels begin leer om sy verstand aan die gang te hou. Hy het ook vertel hy het so oud geword omdat hy tyd buite deurgebring het. “Ek kyk altyd op na die lug. Dis hoe ek is,” het hy gesê.

Vreemd genoeg, is die oudste lewende vrou, die 115-jarige Misao Okawa, ook van Kioto in Japan.