Die honderdjarige ouma van Chesapeake City in die Amerikaanse deelstaat Maryland is die wêreld se oudste gebruiker van Facebook, Twitter en Instagram.

Sy is op 15 Oktober 1909 gebore, drie jaar voor die Titanic gesink het. Nana, oorspronklik van Staten Island, New York, het meer as 10 000 Facebook-aanhangers gelok sedert sy in 2010 aangesluit het, maar haar doelwit is om 25 000 te bereik. Die gewese telefoonoperateur is versot op die nuwe kommunikasiemetode en sy vra haar agterkleinkinders, Joseph (15) en Dylan (12) Scuderi, om haar te help berig News.com.au. Sy is ook nie al hoogs bejaarde wat sosiale media gebruik nie. Die vorige oudste Twitter-gebruiker, Ivy Bean van Bradford in West Yorkshire, Engeland, is in 2010 op 104 oorlede nadat haar blad ’n merkwaardige 56 300 aanhangers gelok het.

Volg haar op Facebook

Volg haar op Instagram

Volg haar op Twitter

Bronne: News.com.au, Facebook, Instagram, Twitter