’n Sewentienjarige seun is deur die wêreld se giftigste slang gepik in die klein dorpie Kurri Kurri, noord van Sydney in Australië, berig The Australian.

Die slang is in ’n plastiekbuis na die hospitaal waar die tiener behandel word geneem en is daar geïdentifiseer as die binnelandse taipan – ook bekend as die “fierce snake”. Slegs een druppel van dié slang se gif kan glo ’n 100 volwasse mans doodmaak.

Die tiener is tans in ’n stabiele toestand.

Die taipan kom voor in Australië se droë binneland en ondersoekers probeer nou vasstel hoe die slang in ’n kusgebied opgeëindig het. Een moontlikheid is dat die slang dalk ’n onwettige troeteldier was.

Kyk hoe Steve Irwin die binnelandse taipan hanteer het: